Die Atterbury Teater is ‘n voortreflike klassieke konsertsaal en is terselfteryd optimaal toegerus wat ruimtelike akoestiese vereistes betref. Die teater is gele? op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in die ooste van Pretoria, as deel van die Lynnwood Bridge Retail-ontwikkeling. Die teater is op 18 Mei 2011 geopen met die musiekblyspel “Stuur Groete aan Mannetjies Roux”. Al 24 vertonings was uitverkoop, en dit was maar net die begin. Van daar af was dit mooiloop al die pad. Daar is in die eerste twee jaar meer as 400 vertonings aangebied en die teater word steeds aand na aand vir ‘n verskeidenheid geleenthede benut. Atterbury Teater het ook ‘n volledige Computicket-kantoor, wat sedert Junie 2011 meer as 20 000 besprekings vir die teater hanteer het. Daar is ook ‘n goed-toegeruste kontantkroeg in die voorportaal, waar teatergangers voor vertonings en tydens pouse ‘n drankie kan geniet. Die voorportaal en kroeggedeelte loop uit op ‘n balkon met ‘n uitsig oor een van die mooiste dele van Pretoria, en sluit aan by die ontvangsarea van Odyssey Records. Om die teater te besigtig, kontak ons gerus vir ‘n afspraak op 012 471 1700
Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.
Sorry, unable to load the Maps API.
